BCVO se Geloofsgrondslag
CVO is gegrondves in die Calvinistiese Protestantse geloof.
Die soewereiniteit van ‘n God Drie-enig, die Koningskap van Jesus Christus en die lig van God ’s Woord word erken op alle terreine van die skepping en vir die hele lewe van die mens.
Dat God ‘n genadeverbond met sy kinders het waar Hy bepaal dat Hy vir ons ‘n God sal wees en eis dat ons Hom gehoorsaam.
Dat ons in ons kerke, skole, gesinne, volk en staat elkeen ‘n God bepaalde eie selfstandigheid en struktuur het en elkeen sy eie God opgelegde sin, verantwoordelikheid, bestemming en roeping het.
Die besonderse Volksgrondslag van die BCVO:
Ons geskiedenis
Lydenburg Akademie vir CVO is amptelik gestig in 1994. Ons eerste leerders het 10 Januarie 1995 deel gevorm van ons trotse stigting. Leerders het in die Afrikaanse Protestantse Kerk se saal skoolgegaan tot die skoolgeboue opgerig is in April 1995.
Die skool is opgerig op meneer Martiens Krügel se plaas in Rooidraai net buite Lydenburg. Ouer-betrokkenheid het hier na vore gekom soos daar inspanning uitgeoefen is om die ou skuur op die plaas gereed te kry om as ‘n skool te kon dien. Sportgronde is opgerig en die skool was reg om nog vele leerders deur die geskiedenis van die skool op te voed en te onderrig.
Bykans 4 jaar later het die skool ‘n grootmoedige skenking ontvang van meneer Martin Mulder – ‘n boer van Sterkspruit in Lydenburg – en so kon Lydenburg Akademie ons eie skoolgronde stig. Die skool staan trots tot vandag, danksy vele insette van ons barmhartige ouers.